jaco is op ’n klein Karoodorpie met die naam Carnarvon gebore. Hy was net sewe jaar oud toe hy al sy eerste storie geskryf en geïllustreer het (maar hy sê dit was so simpel dat nie eens sy ma en pa dit wou lees nie). Hy was sy hele skoolloopbaan in die Hoërskool Carnarvon, en in matriek was hy hoofseun (van ’n klas van net 14 matrieks!). Ná skool het hy B.A. Kommunikasiekunde en sy honneurs in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi, voordat hy by Volksblad in Bloemfontein begin werk het, onder meer as redakteur van JIP. Deesdae is hy uitgewer van kinder- en jeugboeke by LAPA Uitgewers. Hy het sy eerste boek, Pretpark, reeds aan die einde van matriek geskryf (hoewel dit eers heelwat later gepubliseer is). Sy eerste boek wat verskyn het, was Troetelgedrog (2001). Sedertdien het hy al meer as tagtig boeke vir kleuters, kinders en jong volwassenes geskryf. Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjie, Mia, en twee honde, Pippie en Binki.

die skrywer agter die boeke ...

Plek: Carnarvon in die Karoo

Boeke: Die Harry Potter-boeke, enigiets van Stephen King, en J.M. Coetzee se Disgrace

Flieks: Te veel om op te noem! Ek’s veral mal oor Tim Burton se flieks, en enige flieks oor superheroes.

Kos: Bobotie, soesji, tamatiesop

Musiek: My Chemical Romance, 30 Seconds to Mars, Rammstein, Björk, Skunk Anansie

lees meer oor

JACO SE gunstelinge

(c) Jaco Jacobs 2013

Klik hier vir Jaco se blog!http://jacojacobs.blogspot.com